Video
HEIDELBERG NUUSFLITS - Hansie en Grietjie kleuterskool se jaarlikse Lentetee, met vanjaar se tema ‘High Tea’ op Saterdag 8 September, was hierdie jaar ’n klinkende sukses.
Dié geleentheid is ’n jaarlikse fondsinsamelingsprojek en word gewoonlik op die tweede Saterdag van September gehou.
Die gasspreker was die gewilde Radio Tygerberg omroeper, Benescke Janse van Rensburg.
Ofskoon die tema High Tea was, kon dit netsowel ‘Hoedjie wil sy dra’ gewees het. Mens, was daar hoede! Plat hoedjies, ronde hoedjies, hoedjies wat regop staan en hoedjies wat skuins hang. Daar was vasklou-hoedjies en hoedjies wat agterna wapper… hoedjies net waar jy kyk.
Kyk 'n video hieronder:
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'