Volgens die sentrumbestuurder, Petra Daneel het hul R42 500 wins gemaak en was dit 'n heerlike en gesellige oggend waar almal lekker gekuier, geëet en gekoop het.
"Die goeie ondersteuning uit die gemeenskap op alle vlakke word opreg waardeer. Besighede, kerke en ander organisasies het ons baie goed ondersteun en is ons baie dankbaar".
Volgens Daneel het hul wins amper verdubbel van verlede jaar se basaar.
Een van die vele vrolike stalletjies tydens die basaar. Foto: Louise Mouton
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'