Gallery
STILBAAI NUUS - Laerskool Bertie Barnard het Donderdag 22 Desember die Stilbaai-hawegebied met hul jaarlikse colour run in 'n verskeidenheid van kleure getooi.
Dié pretloop word altyd in die Desembervakansie gehou as 'n laaste fondsinsamelingsprojek vir die jaar en die opkoms was weereens uitstekend.
Deelnemers kon stap, draf of hardloop en het by die rugbyveld begin en geëindig. By die beginpunt het die organiseerder, Mariska van Wyk, seker gemaak deelnemers vlieg daar weg in al die kleure van die reënboog en op die skilderagtige roete deur bosse, langs die strand en die Goukourivier het besighede poeierpunte beman om seker te maak elkeen wat verbykom word in die kleur van daardie spesifieke borg getooi.
FOTOGALERY: Groot pret by Bertie Barnard se 'colour run'
Die meeste deelnemers het hierdie poeier gelate aanvaar en selfs die gooiers uitgedaag, maar daar was ook 'n paar wat dit probeer ontduik het, wat natuurlik vir groot pret by die onderskeie poeierpunte gesorg het.
Besighede het poeierpunte beman om seker te maak elkeen wat verbykom word in die kleur van daardie spesifieke borg getooi.
Die deelnemer word behoorlik deur poeier verswelg.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'