HESSEQUA NUUS - Die 2019 reënseisoen in die winterreënvalstreek van die Wes-Kaap is verby, maar die provinsie is nog lank nie uit die moeilikheid nie.
So sê Jannie Strydom, hoof uitvoerende beampte van Agri Wes-Kaap.
Volgens hom was die winterreën weer ondergemiddeld en nie genoeg om die landbou uit sy droogtetoestand te kry nie.
“Plaasdamme bly leeg en die landbou kan hom gereed maak vir nog ’n moeilike seisoen. Daar is talle besproeiingsdamme wat skaars 50% vol of dolleeg is. Weiveld in ekstensiewe gebiede het nie genoeg reën gekry om te kan begin herstel nie.”
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'