Update
RIVERSDAL NUUS - Besoekers aan die Hessequa-streek is vriendelik verwelkom.
Raadslede, bestuur, toerismebeamptes en nooddienste het motoriste net buite Riversdal op die N2 met 'n pakkie welkom geheet. Botteltjies sap, asook Suid-Kaap Forum se jaarlikse vakansiegids is saam met die pakkie uitgedeel.
Vakansiegangers is eerder gemotiveer as herinner om veilig te wees en alle wette na te kom. Pamflette wat ook die verbod op vuurwerke en waterbeperkings insluit is saam met die pakkie uitgedeel.
Uitvoerende burgemeester Grant Riddles, asook onderburgemeester Johannes Hartnick het hande met die verbygangers geskud.
Die hooffokus was veiligheid en juis daarom is registrasienommers nagegaan en bestuurders moes hul bestuurslisensie gereed hou.
Lees 'n vorige artikel hier: Welkom in Hessequa.
Van links is Ryno Witbooi (wetstoepassingsbeampte), Grant Riddles en Morné Dyson (onderhoof: verkeer). Foto: San-Marié Cronjé
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'