Gallery
RIVERSDAL NUUS - Vakansiegangers wat die Hessequa-streek besoek is aangenaam verwelkom.
Die uitvoerende burgemeester, onderburgemeester, lede van die verkeers- en brandweerdepartement het Vrydag 14 Desember besoekers op die N2 net buite die dorp met ’n vriendelike padblokkade verwelkom.
Motoriste het ’n verwelkomingspakkie, vrugtesap, asook ’n Suid-Kaap Forum vakansiegids ontvang.
Die hoofdoel was om almal meer van veiligheid, waterbeperkings en die verbod op alle vuurwerke bewus te maak.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'