Update Video
HEIDELBERG NUUS EN VIDEO - Almal wat so gelukkig was om kaartjies vir die skoudans, wat vanjaar 'n Griekse tema gehad het, te kon bekom het Vrydag 2 Februarie hulle mooiste uitrustings uit die kas gehaal vir die geleentheid.
Die saal was met wit en blou lappe versier en bybehore het vir 'n atmosfeer so reg uit Griekeland gesorg.
Die dans was baie goed ondersteun, gaste het gesellig saamgekuier en kon 'n heerlike ete geniet.
Die opgewondenheid was groot, want net voor middernag is die skoukoningin en haar prinsesse aangewys.
Gelukkig het niemand na middernag 'n skoen verloor of terugverander in Aspoestertjie nie.
Die skoukoningin, Mia Fincham is van Somerset-wes en het pas B.com bestuurswetenskap klaar gestudeer.
Die eerste prinses, Ria Hopkins kom van Heidelberg.
Sy het B.Rek by Stellenbosch studeer en is tans besig om nagraadse onderwys by Stellenbosch te studeer. Anja Muller, die tweede prinses is 'n graad R-onderwyser van Somerset-Wes.
Kyk 'n video hieronder:
Lees 'n vorige artikel: Heidelberg skoukoningin word gekroon
ARTIKEL, VIDEO & FOTO'S: ALETTA SUTHERLAND, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'