GOURITSMOND NUUS - Hendie Grobbelaar, ‘n Gouritsmonder se debuut-radiodrama word Donderdag, 5 November om 20:00 op RSG uitgesaai.
“Johanna se Elvis” handel oor ‘n ambisieuse vissersvrou wat baie graag onder die vissermanne gereken wou word.
Grobbelaar het al twee boeke self gepubliseer. Drie van haar kortverhale het in die Toyota US Woordfeesbundel verskyn.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Gouritsmond, Hessequa nuus'