GOURITSMOND NUUS - Gegewe die aantal gebruikte tandeborsels wat onlangs langs die kus rondom die dorp opgetel is om Werêldoseanedag te vier, behoort ons seediere se tande te skitter.
'n Paar bekommerde inwoners het op 8 Junie 'n hele paar sakke vullis langs die strand, tussen die rotse en fynbos gaan optel om te verhoed dat dit weer in die see beland waar dit die seediere kan bedreig.
Van die ander interessante en gevaarlike items wat opgetel is, is aanstekers, ou skoene, strooitjies, bottelproppies, tientalle plastiekbottels en sakke en selfs 'n splinternuwe hardehoed.
'Ons bring jou die nuutste Gouritsmond, Hessequa nuus'