GOURITSMOND NUUS - Gouritsmond het die somervakansie met hul eerste Vis- en Fynbosfees ingelui.
Die doel daarvan was om die dorp en omgewing aan besoekers bekend te stel en terselfdertyd die ekonomie ‘n hupstoot te gee.
Altesaam 37 hengelaars het op 19 Desember aan ’n vang-en-vrylaat-hengelkompetisie van eetbare vis deelgeneem.
Fotogalery: Gouritsmond Vis- en Fynbosfees
Op 20 Desember het die eerste Gouritshond-wedloop plaasgevind. Meer as 200 atlete het vir die 5 km-wedloop ingeskryf, terwyl 142 atlete aan die 10 km-wedloop met die kuspad langs deelgeneem het.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Gouritsmond, Hessequa nuus'