Video
HESSEQUA NUUS & VIDEO - Die Gourikwa-natuurreservaat van 2 000 ha ongerepte natuur is tussen Gouritsmond en Stilbaai aan die Hessequa-kuslyn geleë.
Die eienaars is besorg oor die bewaring van die groter gebied waarvan hulle deel vorm.
Die Gourikwa-reservaat het oorspronklik vier plase in die Buffelshoek-area beslaan. In 1980 het die Atoomenergie-korporasie van Suid-Afrika die plase opgekoop en die gebied Gouriqua herdoop. Die doel was om ‘n kernkrag-navorsingstasie te bou, maar dit is in 1992 laat vaar.
Gedurende die sowat 30 jaar is die natuur toegelaat om onverstoord sy gang te gaan en terug te keer tot ‘n pristiene staat.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'