Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Goukam Health APD op Riversdal het onlangs ’n skenking van R120 000 van ’n prokureursfirma in Bellville ontvang.
By die sentrum, wat in 2011 deur dr. Alison Madden geskep is, word omgesien na pasiënte wat uit die hospitaal ontslaan is.
Madden se doel was om pasiënte wat in motorongelukke ’n breinbesering opgedoen het, te rehabiliteer en vir hulle sekere vaardighede aan te leer sodat hulle weer hul regmatige plek in die gemeenskap kan volstaan.
In 2014 het die Gamka Health se bestuur by die departement maatskaplike ontwikkeling (DSD) om befondsing aansoek gedoen en daarmee ’n step down-diens begin.
Kyk 'n video hieronder:
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'