Gallery
HESSEQUA NUUS - Suid-Kaap Forum het senior burgers wat in tehuise in die streek woon en gedurende Februarie verjaar, met geskenkies bederf deur middel van ons Goue Oues-projek, gerugsteun deur skenkings vanuit die gemeenskap en besighede.
Baie dankie aan ons gereelde maandelikse borg, The Blinds Factory, Stilbaai vir skenkings.
Enige skenkings soos onder meer waslappe, wassponse, seep, babapoeier, lyfroom, musse, handskoene, nie bederfbare produkte, kouse, sakdoeke, sagte lekkers (klein pakkies) en koekies. Dit hoef nie groot hoeveelhede te wees nie - elke enkel item help ons om die projek vol te hou. Skenkings kan by ons kantoor in Heidelbergweg 29, Riversdal afgelaai word of kontak ons sodat ons kan reël om dit by u af te haal.
Die volgende persone was nie teenwoordig tydens die oorhandiging van die geskenk nie as gevolg van siekte of dat hul uithuisig was:
Huis Alrema, Stilbaai: Attie Griessel (18-02-1945); Suzette Wilkins (22-02-1936);
Jan Lange, Riversdal: Rosina du Plooy (10-02-1944).
Ou Meule, Riversdal: Johanna Janse van Rensburg (12-02-1939).
- Ons wens aan u almal 'n geseënde feestyd, asook 'n gesonde en gelukkige jaar toe.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'