Die doel van die sopkombuis is om erge voedseltekorte in die dorp aan te spreek. Volgens hoofmanne Deon October en John Koker is die behoefte aan kos groot in die arm gemeenskappe.
"Daarom het die Goringhaicona Khoi-khoi's besluit om van Maandag, 9 Junie die behoefte aan te spreek deur kos uit te deel by 'n sopkombuis. Dit sal gedoen word in Melrose Place, Progress (Murder City) en Morestond woonbuurte".
Die hoofmanne vra inwoners wat die saak wil steun deur voedsel of enige ander bydraes kan die Goringhaicona kontak by 071 821 7326.
Lede van die Goringhaicona Khoi-khoi tydens die opening van die huis van tradisionele leiers in die parlement.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'