Update
ALBERTINIA NUUS - Omdat klein kindertjies geneig is om altyd eerste oor die pad te hardloop sonder om links en regs te kyk, het Morné Dyason van Riversdal-verkeersdienste en Daantjie Kat vir Goggaboks op Vrydag 19 Mei kom kuier om die kinders meer oor padveiligheid te leer.
Met die praatjie wou hulle ook die verskillende padtekens aan hulle verduidelik en seker maak die kinders ken dit.
Die kinders het elkeen soos 'n padteken aangetrek en vir Daantjie Kat heeltemal onkant gevang met hoeveel hul wel van padtekens af weet.
Morné Dyason van Riversdal-verkeersdienste vertel Goggaboks se kleuters meer oor padveiligheid en padtekens.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’