MELKHOUTFONTEIN NUUS - Die gestremde groep by Soeterus het Vrydag 8 Desember 'n opedag gehou.
Alles wat die gestremdes die afgelope jaar gemaak het, is uitgestal om te verkoop.
Dit sluit in produkte van brei- en hekelwerk, kussings, verfwerk en plantjies.
Tans bestaan die groep uit 13 persone tussen die ouderdomme van 20 en 70 jaar.
Hulle is reeds die afgelope twee jaar bedrywig.
"Die dag word aangebied om mense bewus te maak van die werk wat die gestremdes doen," vertel Frances Smit, een van die opvoeders.
Alles wat die gestremdes die afgelope jaar gemaak het, is uitgestal om te verkoop.
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'