RIVERSDAL NUUS - Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaat vervolgingseenheid het Dinsdag 27 Maart op uitnodiging van dié organisasie se Hessequa-tak die plaaslike gemeenskap en omliggende dorpe oor korrupsie en privaat vervolging toegespreek.
Die praatjie is deur ongeveer 120 lede van die publiek bygewoon. Nel het beklemtoon dat die publiek nie kan toelaat dat persone wat vervolging weens hul politieke verbintenis vryspring daarmee wegkom nie.
Hy het afgesluit met die bekende aanhaling van Albert Einstein: "Die wêreld gaan nie verwoes word deur hulle wat booshede aanvang nie, maar deur hulle wat toekyk sonder om iets te doen."
"Die aand was 'n sukses en ons voel bevoorreg dat adv. Nel van sy kundigheid met ons kom deel het," sê Evert Bouwer, voorsitter van AfriForum se Hessequa-tak.
Om by die tak betrokke te raak, stuur 'n e-pos na ejpbouwer@gmail.com.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'