RIVERSDAL NUUS - Die 16 dae van aktivisme teen geen geweld teen vroue en kinders het Maandag 18 November amptelik afgeskop.
"Genoeg is genoeg," was lt.kol. Delicia Isaacs, bevelvoerder, se boodskap.
"Ons is besorg oor almal wat onder huishoudelike misdaad gebuk gaan," het Hessequa se uitvoerende burgemeester, Grant Riddles gesê.
Speaker Andrew Stroebel, rdl. Margaret Jakobs, konst. Enver Prins (huishoudelike misdaad), maatskaplike werkers, Kindersorg SA en die ACVV, asook die departement van gesondheid en verpleegpersoneel het ook die verrigtinge in die Thusong-sentrum bygewoon. Prins het inwoners wat die geleentheid bygewoon het, ernstig versoek om voorvalle van gesinsgeweld aan te meld.
Crushanda Forbes, wat hier gebore en getoë is het met die liedjies wat sy gesing het 'n boodskap aan slagoffers van geweld en misdaad gebring.
Sers. Hans Busch was die bekwame programaanbieder.
"Ek wil ons borge en veral André van Wyk van Riversdal Superspar, Pick n Pay en Jacky Scholtz bedank," het Beth Paine, voorsitter van die GPF gesê.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'