HEIDELBERG NUUS - Heidelberg-gemeenskap steier nog onder die vlaag van geweldsmisdade van die afgelope paar maande.
Die dubbele moord op twee bejaardes drie weke gelede het die dorp tot in sy fondamente geskud. Mense vra nou: Is daar dan niks wat ons kan doen om verdere verval te keer nie?
Suid Kaap Forum het met Anneline Hartnick, bekende gemeenkapsleier, drama-afrigter en oudleerkrag gesels en dieselfde vrae aan haar gestel. Sy, eweneens, is diep ontsteld oor gebeure in die dorp.
Die grootste gevaar nou, volgens haar, is dat mense gewoond mag raak aan ’n moord hier, en ’n ernstige aanranding daar. “Dis goed dat die gemeenskap nog praat oor die moorde en die misdaad, asook drankmisbruik onder jong kinders. Dit wys dat ons mense dit nie aanvaar nie.”
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
Lees 'n verwante artikel: Twee bejaardes vermoor
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'