HEIDELBERG NUUS - Die gemeente van die JF Neumann Congregational Kerk het onlangs tydens ‘n spesiale diens hul planne bekend gemaak om die ou Independente Kerk, wat in Van Riebeeckstraat geleë is, te restoureer.
Dit sal ongeveer R1 miljoen kos om die 167-jarige gebou te restoureer.
'n Permit is vir die restourasie bekom en die kerkraad het besluit om die restourasieplanne met 'n spesiale kerkdiens aan die gemeente asook die plaaslike gemeenskap bekend te stel.
Ná die restourasie sal dit vir sendingwerk gebruik word.
Foto's: Clive Pretorius
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'