Gallery
HEIDELBERG NUUS - Inwoners van Joe Slovopark, Heidelberg is steeds in skok oor die onverwagte selfdood van Andries ‘Hotika’ Tieties op Saterdag 25 Mei.
Tieties (36), pa van twee jong kinders het homself na bewering geskiet.
Volgens sy erg getraumatiseerde suster, Georgina Petersen wat ook in die huis was, het hy glo die koeëls uit die vuurwapen gehaal en dit toe teen sy kop gehou. “Hy het nog speel-speel gevra wie bereid is om te gaan (sterf), waarna hy toe gesê het hy is wel bereid en die sneller getrek,” het sy snikkend gesê.
Volgens ao. Alroy Windvogel, plaaslike polisie mediawoordvoerder word geen vuilspel vermoed nie en word ’n dossier van selfmoord geopen.
Die ondersoek duur nog voort.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'