RIVERSDAL NUUS - Honderde mense het die 26-jarige rugbyspeler, Matlann-Jo Fielies, se begrafnisdiens in die St Andrews Anglikaanse Kerk Saterdag 27 April bygewoon.
Lede van die rugbyklub het binne die kerk ‘n erewag gevorm.
Die diens is deur orrel- en saksofoon-uitvoerings van gewyde liedere en koorsang voorafgegaan, waarna eerw. Noel Weber ’n troosboodskap uit Ps. 103:21-23, met die klem op ’n lewe van diens en dankbaarheid, gebring het.
Die kranige kaptein van Riversdal Blues se eerste span is in Februarie vanjaar tydens ‘n vriendskaplike rugbywedstryd beseer. Op 13 April het hy in ‘n koma verval en op 14 April is lewensondersteunende toerusting afgeskakel.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
Lede van die rugbyklub het binne die kerk ‘n erewag gevorm.
Honderde mense het die begrafnisdiens bygewoon.
Lees 'n vorige artikel hier: Rugbyspeler sterf na wedstryd
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'