Dr. Gerrit en Martie Nel van Hebrew People Institute was vir 'n paar dae in Riversdal en dit was die ideale geleentheid om so 'n ontbyt te reël waar die manne en dames saam met die heerlike fisiese ontbyt-kos wat hul gekry het, geestelike voeding kon ontvang met dr. Gerrit en Martie wat bedien het.
Hulle woon in Israel en kom so min of meer twee maal 'n jaar Riversdal toe wanneer hulle in die land is. Dit is altyd opwindend en verrykend om die Nel's te ontvang. Gedurende die manne ontbyt, is hulle uitgedaag om weer hul plek as vaders in die huis en samelewing in te neem en het bietjie gekyk na wat presies dit behels... Hier is 'n opsomming wat een van die manne wat die ontbyt bygewoon het, gegee het: "At the breakfast I learnt what it means to be a man after God's heart. Firstly it is a man that walks in the light of the covenant God made with Abraham. It also means a man who has a repentant heart. He is quick to ask forgiveness and quick to grant it. A man after God's heart is someone who worships; not just in word and deed where other people can see but always. His life is worship".
Martie het met die dames gesels oor die wedstryd waarin hul is en dat hul nie moet opgee nie, maak nie saak wat nie!
Hier volg een van die dames se woorde: "Ek het geleer dat as ek 99% geloof het in Vader, dat ek altyd tot op nommer 99 gaan moet wag vir iets om te gebeur! My geloof moet 100% wees in Vader. Ook het ek geleer dat ek nie myself met ander moet vergelyk en hoe hulle die pad saam met Vader stap of watter gawes hulle het nie. Vader stap met ons elkeen volgens elkeen se mate".
Dr. Gerrit en Martie se hier-wees was 'n Goddelike afspraak vir baie mense. Volgens Christo Crafford van Bride Ministries, is hul baie dankbaar vir Louise wat hul die geleentheid gegee het vir hierdie heerlike byeenkomste.
Christo Crafford van Bride Ministries aan die woord.