Update
RIVERSDAL NUUSFLITS - 'n Grypdief is vandag, Saterdag 26 Mei deur die gemeenskap vasgekeer nadat hy 'n 54-jarige vrou se beursie gegryp en daarmee weggehardloop het.
Die vrou en haar dogter was in Kerkstraat waar die voorval omstreeks 12:20 plaasgevind het.
Die dogter het al gillend agter die lang skraal grypdief aangehardloop.
Hy is egter blits vinnig deur omstanders vasgekeer waarna geen genade getoon is nie.
Die polisie is gekontak en het met aankoms die man gearresteer en weggeneem.
* Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'n Omstander loer deur die tralies van die vangwa om die grypdief van nader te bekyk.
Lees 'n vorige artikel: Grypdiewe in dorp
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'