RIVERSDAL NUUS - 'n Gedenkmuur vir oorlede leerders van Hoër Landbouskool Oakdale is op Vrydag, 20 Augustus by die skool ingehuldig.
Tydens die geleentheid het skoolhoof André Latsky dit beklemtoon dat dié 'n geleentheid is om saam met die ouers van die 11 seuns wat tydens hul skoolloopbaan op Oakdale gesterf het, hulle lewens en bydrae as Oakdalers te vier.
Aldus Latsky is jy 'n ware Oakdaler as jy graad 12 in Oakdale geslaag het of as 'n Oakdale-leerder gesterf het.
Tydens die seremonie is ouers en familie die geleentheid gegun om 'n ruiker vir hul seuns en broers by die gedenkmuur te plaas.
"Ons wil graag hê Oakdalers van oor die jare heen moet hierdie 11 Oakdalers as jong, trotse Oakdalers onthou,"' het Latsky gesê.
Vlooi en Adelé du Toit by die gedenksteen van hul seun, Arend Brink du Toit.
Vlooi en Adelé du Toit by die gedenksteen van hul seun, Arend Brink du Toit.
Skoolhoof André Latsky saam met Hankie en Jan Wiese van Loxton.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'