RIVERSDAL NUUS - Die Hoër Landbouskool Oakdale, saam met Robbie Wessels en die personeel van " WOES" bied Vrydagaand, 21 Augustus 'n virtuele program vanaf 18:30 tot 22:00 aan.
Oakdale gaan met CJ Stander, oud-skolier en Ierse nasionale rugbyspeler, Hawies Fourie, ook 'n oud-skolier en Cheetah-afrigter, asook twee graad 12-leerders, Corné Rahl en Tino Singe gesels.
Die doel van die program is om met positiewe oë na die res van 2020, maar veral 2021 te kyk.
Die program is ingestel om saam met Wessels, almal in die Suid-Kaap in 'n gemaklike en positiewe atmosfeer te laat deelneem. Verskeie pryse kan deur alle deelnemers gewen word.
Oakdale gaan "Woes" op 'n woes-positiewe atmosfeer en woeste deelname in die Suid-Kaap en landwyd konsentreer. Die skool beoog om 'n kykertal van 22 000 regoor die wêreld te bereik.
Kliek op die skakel (link) en skakel interaktief by hierdie program in.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'