STILBAAI NUUS - Foonswendelaars is druk besig om veral bejaarders in die Stilbaai-omgewing uit hul swaarverdiende geld te bedrieg. Dié skelms doen hul voor as lede van 'n bank se bedrogtak en vra dan die niksvermoedende klant vir sy of haar PIN-nommer.
Dis veral Absa wat erg deurloop, sê kapt. Johan van Tonder, stasiebevelvoerder van die Stilbaai-polisie.
"Ons het al 20 klagtes van meer as R200 000 ontvang wat met telefoonbedrog verband hou."
Kapt. Van Tonder sê mense moet onder geen omstandighede hul PIN-nommer vir iemand oor die telefoon gee nie, selfs nie eens aan familie of bekendes nie, Nie eens jou eie bank sal dit oor die telefoon versoek nie.
"As 'n onbekende persoon of maatskappy jou bel, sit onmiddellik die foon neer. Moet onder geen omstandighede eers 'n gesprek probeer aanknoop nie en gaan meld dit onmiddellik by jou bank aan."
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'