RIVERSDAL NUUSFLITS - Rina Kapp het aangeneem dat almal kan fluit, maar nadat hulle in 1996 na Riversdal verhuis het, het sy besef dat sy ’n unieke gawe het.
Hoewel haar ma baie mooi kon fluit het haar natuurlike talent en fluit vermoë vanself gekom.
Sy het jare laas opgetree en sê dat dit belangrik is om fluit-fiks te wees.
Op haar lysie van bedankings is die Here heel bo-aan. Sy bedank Hom vir haar talent en haar gesin vir hul ondersteuning.
Daar is reeds twee CD-vrystellings op haar kerf stok, maar Rina het meer as net ’n gawe om te fluit.
Lees meer in volgende week se uitgawe van Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'