Video
ALBERTINIA NUUS EN VIDEO - ’n Bejaarde man wat nie sy bloeddruk-medikasie gedrink het nie en voor ABSA op Albertinia inmekaargesak het, het begunstigdes groot skrik op die lyf gejaag.
Hy is egter vinnig deur ‘n gemeenskapsgesondheidswerker bygestaan.
Die polisie het hom dadelik na die kliniek geneem en na wat verneem word, is hy weer op die been.
Buiten dié voorval het alles goed by die uitbetaling verloop en het die wetstoepassers, Hessequa-brandweer en ander nooddienste, asook die plaaslike plaaswag alles onder beheer gehad.
Kyk 'n video hieronder:
Foto's: Lede van Hessequa-brandweer, Working on Fire en ander nooddienste het die begunstigdes goed georganiseer:
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'