HESSEQUA NUUS - “Wanneer kragvoorsiening drie keer per dag onderbreek word, raak dit ’n enorme krisis vir landbou,” sê Jannie Strydom, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap.
Die afgelope week se fase 4 beurtkrag kom in ’n kritiese produksie-tydperk vir die provinsie.
Hoewel vrugteprodusente se piek-beproeiingstyd grootliks verby is, moet laatvariëteite en sitrusboorde steeds natgelei word om uitvoergehalte vrugte te verseker.
Weens beurtkrag gaan kritiese besproeiingstyd wat nie weer ingehaal kan word nie verlore.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'