HEIDELBERG NUUSFLITS - Die plaaslike tak van Heidelberg KANSA het Sondag 28 Oktober ’n welkome inspuiting gekry.
’n Groep familielede en vriende wat as die ‘United Family’ bekendstaan, het ’n bedrag van R2 000 aan die organisasie geskenk.
Die groep bestaan uit familie en vriende vanoor die Wes-Kaap.
Die groep wat geruime tyd reeds gereelde samekomste reël, het ’n dans na afloop van die jaarlikse Heidelberg Sportdag aangebied.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'