STILBAAI NUUS - Niemand is blykbaar beseer in 'n botsing vroeg Maandagaand by die vurk uit Hoofweg-Wes na Versveldtstraat nie.
Volgens ao. Morné D'Emiljo van Stilbaai-polisie het die dienskantoor om 18:05 die oproep ontvang.
"'n Toyota Tazz (regs) en Ford Kuga (links) was in die botsing betrokke en beide voertuie het ernstige skade opgedoen.
"Die bestuurder van die Tazz was nie op die toneel nie en 'n saak van roekeloos en/of nalatige bestuur is geopen."
'n Toyota Tazz (regs) en Ford Kuga (links) was in die botsing betrokke en beide voertuie het ernstige skade opgedoen. Foto's: Elza Thiart-Botes, korrespondent
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'