Update
STILBAAI NUUS - Die sterk seestrome wat met die afgelope twee weke se koue fronte gepaard gegaan het, het heelwat skade aan die duine by Lappiesbaai op Stilbaai aangerig.
Hessequa-munisipaliteit het inwoners egter verseker dis 'n normale seisoenale verskynsel wat binnekort self deur die natuur omgekeer sal word.
"'n Laagdruk-weerstelsel of koue front wat langs die Suid-Kaap verby beweeg, lei tot 'n verhoging van die seevlak as gevolg van sterk winde en lae barometriese druk. Die gekombineerde wind-, golf- en barometriese toestande, saam met springgety elke twee weke, kan aansienlik hoër golwe as normaal tot gevolg hê en dele van die duine word dus weggespoel."
Die omgekeerde proses behoort reeds in September te begin en die sand wat geërodeer is, sal weer terugspoel. Toegang na die strand is tans beperk en gedeeltes wat moontlik gevaarlik mag wees, is afgesper.
Gevaarlike toegange is afgesper.
Vorige artikel: Stormskade by Lappiesbaai is 'n natuurlike proses
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'