STILBAAI NUUS - As seëls jou nog altyd interesseer het is dit nou jou kans om by 'n klub aan te sluit.
'n Klompie geesdriftige versamelaars het onlangs die Stilbaai-seëlklub gestig.
Hulle vergader een keer per maand in die Aroma Koffiehuis op dié dorp om seëls en inligting uit te ruil. Tydens hul derde vergadering op 4 Augustus het Joh Groenewald 'n versameling met die titel 'n Kykie op die Kaokoveld vertoon.
Volgens die voorsitter, Fred Meyer, kan die groep nuwe versamelaars help met gratis Suid-Afrikaanse seëls van die laaste vyf of ses dekades. Belangstellendes kan die sekretaris Karel Nel by 028 754 1604 of karelnel@mweb.co.za kontak.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'