Gallery Update
HEIDELBERG NUUS - 'n Bejaarde egpaar het Saterdagoggend 30 November feitlik al hul besittings verloor toe hul huis deur vlamme verswelg is.
David en Maria Armoed van Leliestraat in Diepkloof, hul twee kleinkinders en nog 'n man het in die huis gewoon.
Die brand het omstreeks 12:15 in 'n slaapkamer ontstaan. Armoed se vrou en kleinkinders was in die dorp. Die egpaar se dogter en haar man wat vir die naweek kom kuier het, was buite besig.
"Ek weet nie regtig wat die brand veroorsaak het nie, maar ek vermoed dit kon 'n kortsluiting gewees het," het Armoed gesê.
Die bure en plaaslike brandweer het hul bes probeer om die brand te blus, maar tevergeefs. Alles behalwe 'n houtstruktuur wat as gastekamer gebruik word, het uitgebrand. "Gelukkig was ons persoonlike dokumente nie alles in die huis nie," het Armoed gesê.
Hulp van enige aard is welkom.
Lees 'n vorige artikel: Bejaardes verloor feitlik alles in brand
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'