Gallery
HEIDELBERG NUUS - David en Maria Armoed van Leliestraat in Diepkloof, Heidelberg het Saterdag 30 November feitlik al hul aardse besittings in ’n brand verloor.
Die brand het omstreeks 12:15 in een van die kamers van die huis uitgebreek waar die bejaarde egpaar, hul kleinkinders en ’n jong man gewoon het.
Die oorsaak is onbekend, maar Armoed meen dit kon deur ‘n kortsluiting veroorsaak gewees het.
Die struktuur het uitgebrand en al wat behoue gebly het was ’n houtstruktuur wat as ekstra slaapkamer gebruik is.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'