RIVERSDAL NUUS - Die eerste Makadas-straatmark gaan vanjaar op 4 en 5 Desember op die dorpsplein in Riversdal gehou word.
Die geld wat met die byeenkoms geïn word, sal onderskeidelik aan Riversdal-kindersorg en Riversdal uitvoerende kunste geskenk word.
“Ons beplan om ook ‘n gedeelte van Van den Bergstraat te gebruik, waar ons alle groot- en kleinhandelaars, asook entrepreneurs uitnooi om stalletjies te bespreek teen R100 per dag, of R150 vir die twee dae waar hulle plaaslike produkte eie aan Hesequa van die hand kan sit,” verduidelik Gys Hough.
Plaaslike talent in die Hessequa-streek word genooi om tydens die straatmark op te tree en moet Hough voor 15 November kontak om sodoende in die program ingedeel te word.
‘n Vredestafel sal in Van den Bergstraat opgestel word waar gaste ‘n sitplek kan koop en die talent besigtig.
Vir alle navrae en stalletjiebesprekings, asook plaaslike talent kan Hough skakel (079 497 6637).
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'