RIVERSDAL NUUS - 'n Paar mense het ernstige beserings wonderbaarlik vrygespring toe 'n tweede botsing op die toneel van die eerste een plaasgevind het.
Volgens konstabel Venia Daries, kommunikasiebeampte van die Riversdal-polisie het 'n wit Kia met 'n CFM-registrasie Sondagaand, 19 Julie kort voor 20:00 teen 'n silwer Opel Corsa, afkomstig van Kaapstad op die N2 gebots.
Die botsing het tussen Riversdal en Heidelberg gebeur, terwyl die bestuurder van die Corsa in die rigting van Heidelberg op pad was.
Sersant Christiaan Jansen van die Riversdal-polisie het langs die ongelukstoneel vir ander rolspelers gewag om op te daag, toe 'n motoris met 'n Mazda-voertuig hom skynbaar nie betyds raakgesien het nie en teen die polisievoertuig gebots het.
Al die betrokkenes is vir ligte beserings behandel.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'