RIVERSDAL NUUS - Die bestuurder van ‘n voertuig wat gisteraand, Dinsdag 6 Julie, op die Hectorskraalpad, ongeveer 2km vanaf die N2 gerol het, is na Riversdal-hospitaal vir waarneming.
Die voorval het ongeveer 19:00 gebeur.
“Die persoon het van asemhalingsprobleme gekla,” het sers Ciska Badenhorst van Albertinia-polisie gesê.
Die voertuig het die pad verlaat en gerol. Die oorsaak is egter nog nie bekend nie. ‘n Ongeluksverslag is geopen.
Geen ander voertuie was betrokke nie.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'