RIVERSDAL NUUS - Nadia Ferreira, kommunikasie vir die Wes-Kaapse department gesondheid het vanmiddag (28 Desember) weer beklemtoon dat daar ‘n toename in hospitalisasies is, wat Covid-verwante sowel as nie Covid-verwante gevalle insluit.
“Besoek asseblief die hospitaal slegs vir noodgevalle wat lewensbedreiging inhou,” het Ferreira gesê.
Hierdie veroek volg na sy op 22 Desember toegegee het dat die hospitaal se dienste onder druk is, weens verpleegpersoneel wat positief getoets is en ‘n toename in opnames.
Sy het die publiek se hulp gevra om die druk op die hospitaal te verlig en nie die plaaslike kliniek vir nie-lewensgevaarlike situasies te besoek nie. “Pasiënte word versoek om indien moontlik ‘n afspraak te maak.”
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'