HESSEQUA NUUS - Die landswye droogte is op Woensdag 4 Maart tot ’n nasionale ramp verklaar.
Die droogte, wat in sommige streke in die provinsies al ses jaar duur, het Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele aangeleenthede tot dié stap genoop.
Ivan Meyer, Wes-Kaap minister van landbou het die stap verwelkom. “Dit skep die geleentheid vir die provinsiale regering om nog geld te bekom om ons boere in die droogtegeteisterde gebiede te ondersteun.”
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'