RIVERSDAL NUUSFLITS - Drie graad 12-leerders van Hoërskool Langenhoven het na baie jare se harde werk en toewyding in Voortrekkers die Presidentsverkennertoekenning verwerf.
Dit is die hoogste toekenning wat ‘n junior Voortrekkerlid kan behaal. Verskeie Dasse het al hierdie gesogte toekenning in die verlede losgeslaan.
Die Voortrekkers wil hierdie jeuglede begelei om hulle volle potensiaal te verwesenlik. Die hoogtepunt van die Voortrekkerloopbaan is die nasionale Presidentsverkennerkamp wat vanaf 8 tot 12 Februarie op Doornkloof in die Vrystaat plaasevind het.
Na suksesvolle voltooiing van die nasionale kamp word die Presidentsverkennertoekenning aan jeuglede toegeken.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riverdal, Hessequa nuus'