Update
SLANGRIVIER NUUS - Ná net meer as twee jaar nadat ’n bejaarde inwoner van Slangrivier sy oog verloor het na hy en sy gesin na bewering deur vyf persone aangerand is, is drie van die vyf skuldig bevind en straf opgelê.
Die drie, Deorin Hoogbaard (34), sy pa, Desmond Hoogbaard (59) en Godfrey Hoogbaard (33), is onlangs skuldig bevind op verskeie aanklagte waaronder aanranding met die opset om ernstig te beseer.
Die twee neefs, Deorin en Godfrey, is beide 18 maande gevangenisstraf opgelê, terwyl Desmond, tronkstraf van 12 maande, opgeskort vir drie jaar, gevonnis is.
Hy moet ook R5 000 as vergoeding aan die slagoffer, Eric Pieters (66), betaal.
Vorige artikels:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’