Gallery Update
SLANGRIVIER NUUS - Wat 'n normale reaksie van enige pa sou wees om sy kind te beskerm, het vir Eric Pieters (64) van Slangrivier Saterdagaand, 6 Februarie sleg uitge-draai.
Pieters, wat nog in George-hospitaal is, vertel dat hulle gaste vir aandete aan huis gehad het. Hulle was besig om te eet toe hy hoor dat sy dogter deur haar vriend aangerand word.
Hy was nog in sy erf, op pad om te gaan kyk wat aangaan toe hy deur 'n groot voorwerp, vermoedelik 'n klip of baksteen in die skemer aandlig op die oog getref is. Hy het onmiddellik met sy hand oor sy oog badkamer toe gehardloop om die bloed af te was.
"Terwyl ek nog in die en suite-badkamer besig was, het ek gehoor hoe my vensters stukkend geslaan en my kamerdeur oopgestamp word." Hy noem verder dat sy dogter se vriend, asook sy pa en ander familielede hom in sy kamer met gholf- of hokkiestokke aangerand het.
Volgens adjudant-offisierAlroy Windvogel, plaaslike kommunikasie-beampte is 'n klag van aanranding gewoon en betreding sonder toestemming teen 'n 32-jarige man aanhangig gemaak. Hy is 'n skulderkenningsboete van R300 opgelê. Indien hy nie betaal nie, sal hy in die hof moet verskyn.
Fotogalery: Man op Slangrivier aangerand
Pieters het telefonies genoem dat hy self 'n klag van betreding, saakbeskadiging en aanranding met die doel om ernstig te beseer gaan open sodra hy uit die hospitaal ontslaan word.
Die wond is deur 'n hou met 'n 'n gholf- of hokkiestok veroorsaak.
Vorige artikel: Dogter se vriend rand Pa aan
'Ons bring jou die nuutste Slangrivier, Hessequa nuus'