HEIDELBERG NUUS - 'n Draffie in 'n natuurtuin is presies wat die dokter aanbeveel vir gesondheid.
Drie van die vyf voëlkykroetes in die Culla Uys-natuurtuin word op 2 November met 'n pretdraf oor 5 km ingewy.
Die wegspring is om 08:00 in die natuurtuin en elkeen wat die roete voltooi sal 'n medalje ontvang.
Deelnemers kan soos voëls aantrek en dalk daarmee 'n prys losslaan vir die bes geklede individu, kind of paartjie.
Kaartjies vir die geleentheid is by Heidelberg-toerisme te koop. Vir enige navrae kan Ria by 071 091 3510 of 028 722 1068 gekontak word.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'