RIVERSDAL NUUS - 'n Ontstelde Sandra Lotz, voorsitter van Community Animal Rescue Society (CARS), vertel van twee dooie katte wat in 'n plastieksak by die muurbalbane gevind is.
Iemand het haar ingelig oor dié katte en sy het ondersoek gaan instel.
Lotz het gesê: "Hoe die katte aan hul dood gekom het kan nie natuurlik wees nie. Dit is heel onwaarskynlik dat iemand se katte saam sal doodgaan of hulle laat uitsit en dit daar soos vullis gaan weggooi het.
"'n Seun het die katte in 'n sak gekry. Ek het gedink dis dalk babakatjies en het eers in die bosse gaan soek, maar toe kry ek die katte oop en bloot by die vullisdrom lê.
"Dis aaklig dat iemand so laag kan daal. Dis gemeen en jy mag nie reg in eie hande neem om diere wat jou pla van kant te maak nie, daarom het ons die wetstoepassers daar om die klagtes op te volg."
Sy voeg by dat indien 'n dier 'n oorlas is, kan die skut gekontak word en 'n klagte gelê word.
Die skut volg dit op, vra hulle hoe hulle te werk gaan, maar jy mag nie 'n dier self van kant maak nie, maak nie saak hoe groot las 'n dier is nie.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'