HEIDELBERG NUUS - Die dood van twee jong vroue die afgelope naweek het die gemeenskap van Heidelberg diep geskok.
Die twee oorledenes is Elize Moolman (43) en Patricia ‘Dinky’ Gelderbloem (44). Albei laat klein kindertjies van vyf en drie jaar oud agter.
Moolman se begrafnisdiens vind Saterdagoggend om 09:00 by die huis in Adamsingel, Joe Slovo Park, plaas en daarna om 10:00 vanuit die Nuwe Apostoliese Kerk-Oos.
Gelderblom se begrafnisdiens vind Saterdagoggend, 27 Mei, om 10:00 by die huis in Youngsirkel plaas en daarna om 11:00 vanuit JF Neumann Memorial Congregational Church.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’