STILBAAI NUUS - Dr. André Botha het nie net 'n lang asem as dit by pasiënte versorg kom nie.
Hy, sy vrou Monica en hul dogters Sasha en Ciara het letterlik 'n maraton afgelê om geld vir 'n paar verskillende noodfondse in te samel.
Hy vertel: "Ons het almal wat ons ken gevra om geld by die fonds van hul keuse in te betaal indien ons 'n afstand van meer as 42 km suksesvol aflê."
Op Maandag 13 April was dit toe sulke tyd en die gesin het geesdriftig deelgeneem. Botha sê hulle is wonderlik ondersteun: "Die bure het selfs met 'n visstok vir ons muffins oor die draad aangegee!"
Hul drawwende insameling is uiteindelik in net meer as 06:12 voltooi en het die bedrag van R20 175 opgelewer.
Dr. André Botha en sy gesin.
Niemand kan stry met die bewyse nie.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'