RIVERSDAL NUUS - Maak seker dat jy nie die ‘Good to Share’-pretdraf op Saterdag 15 Junie misloop nie, want die inskrywingsfooi gaan onder meer aangewend word om positiewe verligting in een van die armste wyke in die Hessequa munisipale gebied te probeer bring.
Die donasies en inskrywingsfooie sal verdeel word as skenkings aan die kleuterskole en die Olive senior burger klub, wie onder moeilike omstandighede as gevolg van armoede in die wyk moet fungeer.
Die pretdraf/-loop sal in verskillende afdelings vir mans en vroue verloop, met verskillende pryse aan die eerste, tweede en derde plekke. Die eerste 300 persone ontvang elk ’n medalje, en nommers van deelnemers sal getrek word as gelukstrekkings. Die pretdraf/-loop sal die deelnemers ’n roete van 6 km in ’n sirkelroete neem vanaf die Ha!Qua Jeugsentrum deur die woonbuurte in wyk 8, sodat hulle weer by die jeugsentrum eindig.
Die Good to Share Leadership Foundation is ’n geregistreerde nie-winsgewende organisasie (NPO) wie binne wyk 8 werksaam is met verskeie programme en projekte, waaronder dié pretdraf/-loop. Die projek het sy ontstaan uit die noodroep van die inwoners in die wyk (Aloeridge, Môrestond, Beverly Hills, Melrose Place en Panorama). Dit word beskou as die armste wyk in die gebied, met gepaardgaande sosiale probleme soos dwelmmisbruik, jeugswangerskappe, alkoholmisbruik, misdaad, ensovoorts.
Die inskrywingsfooi is ’n minimale donasie van R30 of meer. Dit kan in kontant of deur middel van ’n bankoordrag (EFO) betaal word.
Besonderhede:
Rekeningnaam: - Good to Share Leadership Foundation, Eerste Nasionale Bank Riversdal (FNB),
Bankkode 200313,
Rekeningnommer 62671003053,
Verwysing: Funrun - jou naam en van
E-pos bewys van betaling aan leadershipfoundation551@gmail.com. Alle EFO inskrywingsfooie moet voor of op 10 Junie betaal wees. Kontant inskrywings sal op die oggend van die pretdraf aanvaar word. Inskrywings sluit om 08:00 by die beginpunt en drawwers/stappers spring om 08:30 weg. Vir enige navrae, kontak Christopher Taute by 083 298 3349.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'