STILBAAI NUUS - Die waarnemende munisipale bestuurder, Hendrik Visser is deur Stilbaai Belangeforum genader om die gemeenskap in te lig oor waarheen Stilbaai op pad is en om kwellinge oor die infrastruktuur te bespreek.
Dit is nie nuus dat dié kusdorp besig is om uit sy nate te bars nie teen die tempo wat mense hierheen stroom om af te tree, besighede te begin of om vanaf die huis te werk.
Die vergadering is Vrydagmiddag, 25 Februarie deur Gustav Radloff, voorsitter van die belangeforum afgeskop en hy het vyf punte uitgelig waaroor daar kwellinge bestaan, naamlik die verkeersituasie en paaie; die bewaringsgebiede; erosie van die oewerwal van die Goukourivier; erosie van die kuslyn en die langtermyneffek van die stygende seevlakke; asook die nuwe ontwikkelings.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'